PRIMÊRE SKOOL UNIVERSITAS

Welkom by Tjokkies

By Tjokkies leef ons ons leuse “Net My Beste” elke dag uit. Dit verwoord ons strewe om die volle doel van onderwys en opvoeding sinvol saam te bind – Christelik, Akademies, Sosiaal en Waardegedrewe. Met sterk waardes leer ons ons kinders op ‘n kaalvoetmanier om eers stewig te staan, sodat hulle later met selfvertroue die skoene van die lewe kan dra.

Ons leuse dien as fondasie waarop die hoeksteen reeds in 1970 gebou is en waar karakter, deursettingsvermoë en verantwoordelikheid daagliks vorm aanneem. Met die genade van ons Hemelse Vader streef ons daarna dat hierdie skool nie net sy merkwaardige naam in die Suid Afrikaanse onderwyslandskap sal behou nie, maar meer nog – dat Tjokkies ‘n vlagskipskool, ‘n baken van hoop en ‘n ligtoring vir Afrikaansonderwys sal wees.

Ons is ‘n waardegedrewe skool, waar aandag aan kwaliteit opvoeding en deeglike opleiding gegee word. Deur die jare het Tjokkies homself bewys as ‘n skool wat werklik omgee – vir kinders, gesinne en die gemeenskap.

Met ‘n stewige grondslag wat reeds in die ouerhuis gelê is, stap ons by Tjokkies saam met die kind, stap-vir-stap, om hulle voor te berei vir die uitdagings van die lewe. Mag jy aan die einde van jou kind se laerskoolloopbaan met trots – en ‘n tikkie hartseer – terugkyk op die suksesvolle reis, met die wete dat jou kind, wanneer hy of sy Tjokkies verlaat, gereed sal wees vir die Hoërskool.

NEELS GUNTER

Skoolhoof

Weekblad

Jaarbeplanner

Bemarkingsfokus

Visie

Tjokkies rus die leerlinge op ‘n kaalvoetmanier toe om die skoene van die toekoms gemaklik vol te staan.

Missie

Om godsdienstige waardes en norme te handhaaf, te vestig en uit te bou deur:

Op ‘n gebalanseerde wyse hoë opvoedkundige standaarde te handhaaf

Respek te hê vir ...

Leerlinge toe te rus om hulle volle potensiaal te bereik deur visie en waagmoed aan die dag te lê

Leerlinge te ondersteun in die groei na geloof, leergierigheid, kreatiwiteit en selfstandigheid

Leiers te ontwikkel wat verantwoor-delikheid en eienaarskap aanvaar vir wat hulle doen

Leerlinge toe te rus met die wete dat (net) hulle beste goed genoeg is

Tradisies en Waardes

Waardes

Respek

Tjokkies het respek vir mekaar, ander en die omgewing.

Omgee

Om te gee is beter as om te ontvang.

Geloof

Tjokkies se kinders glo bo alles en almal in God.

Verantwoordelikheid

Ons neem verantwoordelikheid vir ons besluite en dade.

Net my beste

Net my beste in alles wat ek doen.

Betekenis van ons skoolwapen

Boek van kennis

Bybel - Bron van kennis, geloof en wysheid waarop ons onderwys/skool rus.

Band / Water

"Trans Oranje" en fontein van waar Bloemfontein sy naam gekry het.

Lelie - Fleur de Lis

Adel van volk, ons seuns en ons dogters.

Leuse

"Net my beste"

Boek van kennis

Bybel - Bron van kennis, geloof en wysheid waarop ons onderwys/skool rus.

Lelie - Fleur de Lis

Adel van volk, ons seuns en ons dogters.

Band / Water

"Trans Oranje" en fontein van waar Bloemfontein sy naam gekry het.

Leuse

"Net my beste"

Geel

Voorspoed

Rooi

Vitaliteit

Blou

Geloof

Padkaart

Voltooi vorm