PRIMÊRE SKOOL UNIVERSITAS

Welkom by Tjokkies

Universitas is ‘n unieke skool waar verdraagsaamheid, begrip en respek vir mekaar ‘n integrale deel van ons opvoedingsproses is. Deeglik bewus van ons tekortkominge strewe ons na die ideale omgewing waar elke kind aanvaar word en sy talente ontdek en maksimaal ontwikkel word.

Gegrond op Christelike beginsels skep ons geleenthede en tradisies waar die kinders hulself gelukkig kan uitleef en ‘n trots vir hulle skool ontwikkel. Saam met ons ouers vorm ons die brugbouers van ‘n wonderlike toekoms vir ons kinders.

NEELS GUNTER

Skoolhoof

Weekblad

Jaarbeplanner

Visie

Tjokkies rus die leerlinge op ‘n kaalvoetmanier toe om die skoene van die toekoms gemaklik vol te staan.

Missie

Om godsdienstige waardes en norme te handhaaf, te vestig en uit te bou deur:

Op ‘n gebalanseerde wyse hoë opvoedkundige standaarde te handhaaf

Respek te hê vir ...

Leerlinge toe te rus om hulle volle potensiaal te bereik deur visie en waagmoed aan die dag te lê

Leerlinge te ondersteun in die groei na geloof, leergierigheid, kreatiwiteit en selfstandigheid

Leiers te ontwikkel wat verantwoor-delikheid en eienaarskap aanvaar vir wat hulle doen

Leerlinge toe te rus met die wete dat (net) hulle beste goed genoeg is

Tradisies en Waardes

Waardes

Respek

Tjokkies het respek vir mekaar, ander en die omgewing.

Omgee

Om te gee is beter as om te ontvang.

Geloof

Tjokkies se kinders glo bo alles en almal in God.

Verantwoordelikheid

Ons neem verantwoordelikheid vir ons besluite en dade.

Net my beste

Net my beste in alles wat ek doen.

Betekenis van ons skoolwapen

Boek van kennis

Bybel - Bron van kennis, geloof en wysheid waarop ons onderwys/skool rus.

Band / Water

"Trans Oranje" en fontein van waar Bloemfontein sy naam gekry het.

Lelie - Fleur de Lis

Adel van volk, ons seuns en ons dogters.

Leuse

"Net my beste"

Boek van kennis

Bybel - Bron van kennis, geloof en wysheid waarop ons onderwys/skool rus.

Lelie - Fleur de Lis

Adel van volk, ons seuns en ons dogters.

Band / Water

"Trans Oranje" en fontein van waar Bloemfontein sy naam gekry het.

Leuse

"Net my beste"

Geel

Voorspoed

Rooi

Vitaliteit

Blou

Geloof

Padkaart

Voltooi vorm